Local newsNewsNews

April 18: Sedibeng het 10 Covid-19 gevalle

Die nuuste amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng en die res van Gauteng is nou vrygestel. Volgens die nuwe syfers is daar nou 10 gevalle in Sedibeng. Daar was tot gister 8. Die betrokke dorpe van die onderskeie 8 gevalle in Sedibeng is nie bekend gemaak nie.

Daar is in totaal  1 018 Covid-19 gevalle in Gauteng (vorig getal was 969). Johannesburg is steeds die kern van die meeste gevalle met 599. Daar het reeds 540 Covid-19 in Gauteng herstel, terwyl 6 lewens tot dusver in die provinsie geëis is.

Die ander streke in Gauteng sien so daaruit:

Ekurhuleni – 196

Tshwane – 110

Wes Rand – 35

Nie toegeken aan spesifieke streek – 68

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button