Die tuine is gewoonlik oop vir die publiek, maar weens die Koronavirus pandemie is dit die jaar gesluit. Daar is egter besluit om die tuin aanlyn oop te maak en nou kan besoekers wêreldwyd die kleureprag gratis geniet.
Keukenhof het sy ontstaan gehad in die 15de eeu toe die Gravin Jacoba van Beieren (1401-1436) vrugte en groente van die Keukenduin (of dan kombuisduin) geoes het vir die Teylingen Kasteel. Tweehonderd jaar later in 1641 is die Keukenhof Kasteel gebou en oor die jare het die landgoed geroei tot meer as 200 hektaar.
In 1857 is die tuine herontwerp deur Jan David Zocher en sy seun, Louis Paul Zocher. Hulle was landskap argitekte wat ook die bekende Vondelpark in Amsterdam se uitleg gedoen het. Die Zochers se Engelse landskapstyl ontwerp vorm vandag nog die basis van Keukenhof se tuine.
In 1949 is daar besluit om die tuine te gebruik as ‘n lente bolplant uitstalling en so het die jaarlikse skouspel begin. Die eerste lentetuin uitstalling vir die publiek is in 1950 gehou. Daardie jaar het die park 236 000 besoekers ontvang. Hierdie jaar se tema is A World of Colours. Gaan kuier gerus saam met hul tuinboukundiges deur die tuine en beleef die massa tulpe, affodille en nog baie meer vir jouself. Kliek hier vir die skakel na hul YouTube kanaal https://www.youtube.com/channel/UCqvitLp1vxIcb5QrcUgEA7w
Oh ja.. die tweede lekkerte is spesiaal vir ons wat in die 80s matriek geskryf het. Ons het mos Nederlands saam met Afrikaans geleer. Ek onthou goed hoe ons deur Bellen Blazen kleigetrap het! Die Keukenhof aanlyn toere word in Nederlands aangebied met Engelse onderskrifte. Dus kan jy jou Nederlands opknap en die mooi tuine waardeer.
Bron: https://keukenhof.nl/nl/



