Local newsNews

Uitbuiting gedurende inperking – R1300 om kraan van R140 te herstel!

"Ek het soos 'n bedelaar by die winkel gesit en wag totdat iemand met 'n permit opgedaag het om aankope te doen"- Leser.

 

Dereck Van Niekerk van die Vaaldriehoek skryf:
Van hierdie ‘essential services’ buit die publiek vreeslik uit. Gisteraand breek ons kombuiswasbak se koue kraan (bib tap). Ek kon darem die pyp afblok.

Vanoggend bel ek ‘n hardewarewinkel (gaan liefs nie besighede se name noem nie). Hulle het vir my ‘n kraan teen R140. Ek gaan soontoe, maar omdat ek nie ‘n permit het om te koop nie, mag hulle nie aan my verkoop nie, al is dit ‘n noodgeval.
Hulle gee toe vir my ‘n kaartjie van ‘n loodgieter wat kan help. Ek bel die man, hy vra my R1300 om die R140-kraan te koop. Dit is sy prys… of hy dit nou vir my kom insit of net koop en vir my gee.

Ek het maar soos ‘n bedelaar by die winkel gesit en wag totdat iemand met ‘n permit opgedaag het om aankope te mag doen. Kos my toe ‘n R50-donasie vir hom om die kraan te koop. Ek het dit met ‘n smile betaal!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button