Local newsNewsNews
Lockdown? Nee wat, dis vir baie ‘business as usual’
VANDERBIJLPARK. - Daar is veronderstel om min mense rond te beweeg tydens die inperking, maar dit wil voorkom of 'n groot meerderheid mense nie daarvan hou om reëls te volg nie, of net eenvoudig nie die erns van die Covid-19 pademie besef nie.
Vaalweekblad het gister ‘n draai deur die dorp gery, asook by van die plaaslike gewilde winkelsentrums en sowaar … dit lyk nie of daar ‘n nasionale inperking ingestel is nie. Daar was wel in party strate min mense, maar in ander het die soos “pay day”gelyk. Ook by die winkelsentrums was dit druk besig, hoewel dit verblywend was om te sien dat die meeste mense wel maskers dra en gereeld hul hande met reiniger skoonmaak.
- Ek as die skrywer van die berig veroordeel nie mense wat noodsaaklikhede gaan koop het nie, ek beklemtoon slegs die feit dat dit nie lyk of daar ‘n inperking is nie. Vaalweekblad se joernaliste het die nodige dokumente om in die dorp te mag rondbeweeg. Ons volg ook al die riglyne en veiligheidmaatreëls.

Dis maar net nog ‘n dag om lekker in die dorp rond te ry. Foto: Elsje Vermeulen 
Dit is steeds baie besig by meeste van die gewilde plaaslike sentrums. Foto: Elsje Vermeulen 
‘n Hardeware- en groentewinkel was hoofsaaklik gister die rede vir die bedrywigheid in hierdie straat in Vanderbijlpark. Foto: Elsje Vermeulen
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



