23 April: Covid-19 eis reeds 65 lewens in SA
SA se Covid-19 gevalle staan sedert gisteraand (en het nog nie weer verander nie) op 3 635, die vorige aantal was 3 465. Dit beteken daar is 170 gevalle meer. Daar word nou daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het tot dusver 65 lyers gesterf en 1 055 het herstel. Daar is nog 2 515 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 133 774 toetse regoor die land gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 11 positief-getoetste gevalle. Nege daarvan is in Emfuleni en die ander twee van Lesedi. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
Covid-19 gevalle in provinsies:
Gauteng – 1 224 (7 sterftes)
Wes-Kaap – 1 079 (22 sterftes)
KwaZulu Natal – 758 (25 sterftes)
Oos-Kaap – 377 (5 sterftes)
Vrystaat – 106 (5 sterftes)
Limpopo – 27 (1 sterfte)
Noordwes – 24
Mpumalanga – 23
Noord-Kaap – 16
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 1
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 638 909 (gister was dit 2 558 378) en het reeds 184 249 lewens geëis (gister was dit 177 691). Daar het 722 055 herstel (gister was die aantal 695 809). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 13 dae op die lys gevoeg nie).
Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 849 092 (vorige getal was 819 175), en ook die meeste sterftes van 47 681 (vorige syfer was 45 343). Daar het tot dusver 84 050 herstel. Daar is nog 717 361 aktiewe gevalle.
- Spanje het nou 208 389 gevalle (vorige getal was 204 178), wat 21 717 sterftes insluit en 85 915 wat herstel het. Daar is tans nog 100 757 aktiewe gevalle.
- In Italië is daar 187 327 gevalle (vorige getal 183 957), en die tweede hoogste sterftesyfer van 25 085. Daar het 54 543 herstel. Daar is nog 107 699 aktiewe gevalle.
- Frankryk het 159 877 gevalle (vorige getal 158 050), wat 21 340 sterftes insluit en 40 657 wat herstel het. Daar is nog 97 880 aktiewe gevalle.
- Duitsland het 150 648 gevalle (vorige getal 148 453), wat 5 315 sterftes insluit en 103 300 wat herstel het. Daar is nog 42 033 aktiewe gevalle.
- Die Verenigde Koninkryk het 133 495 gevalle (vorige getal 129 044), wat 18 100 sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 115 051 aktiewe gevalle.
- Turkye het 98 674 gevalle (vorige getal 95 591), wat 2 576 sterftes insluit en 16 477 wat herstel het. Daar is nog 79 821 aktiewe gevalle.
- Iran het 85 996 gevalle (vorige getal 84 802), wat 5 391 sterftes insluit en 63 113 wat herstel het. Daar is nog 17 492aktiewe gevalle.
- In China is daar tans 82 798 gevalle (vorige getal 82 788), wat 4 632 sterftes insluit en 77 207 wat herstel het. Daar is tans nog 959 aktiewe gevalle.



