Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe sien die mooi raak

Dit is 'n goeie manier om steeds die mooi in die lewe raak te sien. Die inperking verhoed jou dalk om vrylik rond te beweeg, maar dit verhoed jou nie om kreatief te wees nie. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die saak te maak en hul kreatiewe talente in te span en oulike foto’s in en om die huis te neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie besondere foto in haar tuin geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie kunstige skaduweelyne raakgesien en vasgevang.
Anné Goosen van Sasolburg het ook haar kunsvernuf in monochroom uitgebeeld.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark het hierdie makrofoto van ‘n wurm geneem.
Karin Cronjé van Standerton het hierdie besoeker in haar badkamer (‘n Cream-Striped Owl Moth) ontdek en afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button