Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe sak toe op tuine

Die lockdown-fotograwe het hul onderskeie tuine ingevaar en pragfoto's is ingestuur. Die inperking verhoed jou dalk om vrylik rond te beweeg, maar dit verhoed jou nie om kreatief te wees nie. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die saak te maak en hul kreatiewe talente in te span en oulike foto’s in en om die huis te neem.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die saak te maak en hul kreatiewe talente in te span en oulike foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Retha Froneman van Vanderbijlpark het hierdie mooi kleurvolle natuurfoto afgeneem.
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het hierdie fonds (‘n hottentotsgot) in sy tuin gevind.
Hoe rooier hoe mooier! Hennie Coetsee weet hoe om kleur in foto’s te gebruik.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto in haar tuin geneem.
Nee die is nie die “yellow rose of Texas”nie, die mooi roos behoort aan Hanti Pretorius van Vereeniging.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het hierdie klein “Ladybug” in sy tuin afgeneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die besige bytjie afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button