Local newsNewsNews

Geen keer aan lockdown-fotograwe se talent

Dit wil voorkom hoe langer die inperking duur, hoe meer kreatief begin die "lockdown-fotograwe" raak. Die inperking het wel verhoed dat mense vrylik kan rondbeweeg, maar dit kon duidelik nie mense se kreatiewe sy tot stilstand bring nie.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hul kreatiewe talente in te span en oulike foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Eileen Pretorius van Vanderbijpark het hierdie “smaaklike” foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie kunstige natuurfoto geneem.
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het met olie en water “getoor” om hierdie foto te vermag.
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie pragfoto opgestel en afgeneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie pragtige roosfoto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het het hierdie kunstige nabyskoot ingestuur.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het ook gewys hoe om ‘n blom kunstig vas te vang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button