Lockdown-fotograwe wys inperking wie’s baas
Moenie glo die nasionale inperking kan mense keer om vindingryk en kreatief te wees nie. Dit word duidelik bewys deur die pragfoto's wat dag na dag deur die “lockdown-fotograwe” geneem word. Die inperking het wel verhoed dat mense vrylik kan rondbeweeg, maar dit kon duidelik nie mense se kreatiwiteit onder kry nie.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.










