
Marida Steurer het in ‘n telefoniese onderhoud gesê hulle het die idee gekry na aanleiding van die #AnthemChallengeRSA waaraan sy en haar suster deelgeneem het. Hulle het derhalwe die musiek opgeneem en die uitnodiging uitgestuur.

Uiteindelik het hulle videos gehad van meer as 22 mense wat saamsing, asook videos met trompet en kitaarbegeleiding. Anite Steurer (15) het die redigering en verwerking gedoen en is op die tegniese kant bygestaan deur Dirk Keulder. Dit was Anita se eerste poging om sulke fyn redigeer werk te doen en sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt.
Mag die lied vir elkeen weer bietjie hoop bring.



