NewsNews

30 April – Covid-19 eis reeds 103 lewens in SA

Na sowat 8 weke sedert die eerste Covid-19 geval in SA geregistreer is, is daar nou 5 350 gevalle in SA (die vorige aantal was 4 996 - dus 354 nuwe geregistreerde gevalle sedert gister). Hierdie getal het nog nie weer sedert gisteraand verander nie.   Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds  en  2 073 het herstel en 103 pasiënte het gesterf.  Daar is nog 3 174 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 197 127 toetse regoor die land gedoen.  (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot dusver 15  positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 11, in Midvaal 1 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Wes-Kaap – 2 135 (42 sterftes) en (236 wat herstel het)

Gauteng – 1 408 (11 sterftes) en (843 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 956 (32 sterftes) en (241 wat herstel het)

Oos-Kaap – 630 (11 sterftes) en (19 wat herstel het)

Vrystaat – 113 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)

Limpopo – 31 (2 sterftes) en (24 wat herstel het)

Mpumalanga – 31 (15 het herstel)

Noordwes – 29 (13 het herstel)

Noord-Kaap – 17 (6 het herstel)

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 221 029 (gister was dit 3 138 989), Tot dusver het die virus reeds 228 252 lewens geëis (gister was dit 218 013) en 1 004 079 het herstel (gister was die aantal 956 094). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 20 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 064 572 (vorige aantal 1 035 765) en 61 669 sterftes (vorige aantal was 59 266).
  • Spanje – 236 899 gevalle (vorige aantal was 232 128) en 24 275 sterftes.
  • Italië – 203 591 gevalle (vorige aantal 201 505) en die tweede hoogste sterftesyfer van 27 682.
  • Frankryk – 166 420 gevalle (vorige aantal 165 911) en 24 087 sterftes.
  • Verenigde Koninkryk – 165 221 gevalle (vorige aantal 161 145) en 26 097 sterftes.
  • Duitsland – 161 539 gevalle (vorige aantal 159 912) en 6 467 sterftes.
  • Turkye – 117 589 gevalle (vorige aantal 114 653) en 3 081 sterftes.
  • Rusland  – 99 399 gevalle (vorige aantal 93 558) en 972 sterftes.
  • Iran – 93 657 gevalle (vorige aantal 92 584) en 5 957 sterftes.
  • China – 82 862 gevalle (vorige aantal 82 858) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 619 aktiewe gevalle in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button