Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe fokus vandag op diere en voëls

As daar 'n troeteldier in die huis is, of as jy bereid is om geduldig in die tuin wag, sal fotograwe altyd iets hê om af te neem. Vandag "fokus" die lockdown-fotograwe se kunstige oes op diere en voëls. Die mooi foto's wat ontvang is bewys dat die  inperking nie kreatiwiteit kan stuit nie.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Magdalena Peacock van Vanderbijlpark het dié monochroomfoto van ‘n kat geneem.
Dié mooi African Grey is deur Bennie Nel van Vanderbijlpark afgeneem.
Dricky Gouws het die geveerde vriendjie in haar tuin afgeneem.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark het haar geliefde viervoetkind afgeneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie voëltjie in sy tuin afgeneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie kat (Leo), afgeneem.
Hierdie skilpad is deur Louis McPherson van Vanderbijlpark afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button