NewsNewsBreaking News

Drawwers, stappers en fietsryers keer terug na strate

VEREENIGING. – Die klank van tekkies wat vroegoggend teen die teer klap en die geluid van speke wat sing was Vrydagoggend 1 Mei vir die eerste keer sedert die begin van die staat van inperking hoorbaar in die strate. Suid-Afrika het op 30 April om middernag na ‘n vlak 4 staat van inperking oorgeskakel, wat …

VEREENIGING. – Die klank van tekkies wat vroegoggend teen die teer klap en die geluid van speke wat sing was Vrydagoggend 1 Mei vir die eerste keer sedert die begin van die staat van inperking hoorbaar in die strate.

Suid-Afrika het op 30 April om middernag na ‘n vlak 4 staat van inperking oorgeskakel, wat beteken dat mense nou die vryheid het om tussen 06:00 en 09:00 in die oggende te  kan stap, hardloop en fietsry.

Een van talle Vaaldriehoekers wat die geleentheid om buite te kom met ope arms aangegryp het is Roelof van Wyk, ‘n atleet van die Vaal Atletiekklub, wat die afgelope 35 dae op klein ‘n stukkie plaveisel wat 170 meter lank is heen en weer gehardloop het.

“Garage tot by die hek. Garage tot by die hek. Vir die eerste 21 dae van die lockdown het ek elke dag 2.2km gedoen. Ek het vir myself gesê ek wil ten minste 42km per week doen, maar my knieë en my heupe…Daai kort omdraai elke keer maak jou stukkend,” vertel Roelof.

Dan is daar ook die mense in die oord wat alewig vir hom gelag en hul koppe geskud het.

Die 58-jarige atleet het breed geglimlag toe hy Vrydagoggend vir die eerste keer in weke die strate ingevaar het maar besef dat die grendelstaat om effens onfikser gelaat het as wat hy in Maart was. Om daardie rede het hy besluit om vir sy eerste oefensessie in die strate net 7km te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button