Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe se ‘heerlike’ oes

Die "lockdown-fotograwe" het soveel mooi foto's die afgelope tyd opgedis, en vandag laat hulle mens mond sommer water met hul "smaaklike" foto's.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Amanda Vermeulen van Kempton Park laat mens mond water vir ietsie lekkers!
Maryna Jacobs van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geeneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die foto van die mees gewilde vrug tydens die inperking geneem.
Malinda de Jager van Vanderbijlpark het hierdie kunstige foto geneem.
Magdalena Peacock van Vanderbijlpark het die suurlemoene afgeneem.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark het hierdie makrofoto van ‘n aarbei geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button