Lockdown-fotograwe wys hoe mooi herfs is
Elke seisoen het sy prag, en vandag word dit bewys deur die herfsfoto's wat ingestuur is. Van die “lockdown-fotograwe” het die seisoen op natuurlike wyse vasgevang, terwyl ander so bietjie rondgespeel en foto's opgestel het.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.















