Local newsNewsNews

4 Mei: SA se Covid-19 gevalle word nou vinnig meer

SA se Covid-19 gevalle is nou 6 783 nadat daar gister 447 gevalle bygekom het (die vorige aantal was 6 336). Daar is ook 8 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 131 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 2 549 pasiënte herstel. Daar is nog 4 103 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 245 747 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot steeds tot dusver 19  positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 14, in Midvaal 2 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Ses van die bogenoemde pasiënte het herstel. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 3 044 (58 sterftes) en (779 wat herstel het)

Gauteng – 1 624 (14 sterftes) en (948 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 076 (34 sterftes) en (375 wat herstel het)

Oos-Kaap – 774 (17 sterftes) en (275 wat herstel het)

Vrystaat – 122 (6 sterftes) en (96 wat herstel het)

Mpumalanga – 46 (0 sterftes) en (18 het herstel)

Limpopo – 37 (2 sterftes) en (25 wat herstel het)

Noordwes – 36 (0 sterftes) en (20 het herstel)

Noord-Kaap – 24 (0 sterftes) en (13 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 566 804 (gister was dit 3 484 558), Tot dusver het die virus reeds 248 304 lewens geëis (gister was dit 244 786) en 1 156 982 het herstel (gister was die aantal 1 121 612). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 188 384 (vorige aantal 1 160 774) en 68 600 sterftes (vorige aantal was 67 444).
  • Spanje – 247 122 gevalle (vorige aantal was 245 567) en 25 264 sterftes.
  • Italië – 210 717 gevalle (vorige aantal 209 328) en die tweede hoogste sterftesyfer van 28 884.
  • Verenigde Koninkryk – 186 599 gevalle (vorige aantal 182 260) en 28 446 sterftes.
  • Frankryk – 168 693 gevalle (vorige aantal 168 396) en 24 895 sterftes.
  • Duitsland – 165 664 gevalle (vorige aantal 164 967) en 6 866 sterftes.
  • Rusland  – 134 687 gevalle (vorige aantal 124 054) en 1 280 sterftes.
  • Turkye – 126 045 gevalle (vorige aantal 124 375) en 3 397 sterftes.
  • Brazil – 101 826 gevalle (vorige aantal 97 100) en 7 051 sterftes.
  • Iran – 97 424 gevalle (vorige aantal 96 448) en 6 203 sterftes.
  • China – 82 880 gevalle (vorige aantal 82 877) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 481 aktiewe gevalle in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button