Lockdown-fotograwe se kreatiwiteit verdien pluimpie
Sedert die nasionale inperking ingetree het, moes mense maar iets vind om hulself besig te hou in en om die huis. Die lockdown-fotograwe het foto's begin neem om hulself besig te hou en mens sou dink dat daar teen hierdie tyd nie meer veel oor is om af te neem nie... maar die fotograwe se kreatiwiteit sorg dat daar steeds puik foto's geneem word. Vaalweekblad wens hierdie fotograwe geluk met hul positiewe uitkyk om steeds die mooi in die lewe raak te sien.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.













