Local newsNewsNews

4 Mei: 21 Covid-19 gevalle in Sedibeng

Sedibeng het tans 21 Covid-19 gevalle. Twee nuwe gevalle is geregistreer en albei die twee nuwe gevalle is in Midvaal.  Van die 21 geregistreerde gevalle het 6 pasiënte herstel.  Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 14, Midvaal 4 en Lesedi, wat die Heidelberg-omgewing is, het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

 

Daar is in totaal  reeds 1 624 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 015 herstel het en 14 gesterf het. Daar is dus nog 609 aktiewe gevalle.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg is steeds die kern met – 935 (611 herstel) = 324 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 358 (263 herstel) = 95 aktiewe gevalle

Tshwane – 201 (104 herstel) = 97 aktiewe gevalle

Wes Rand – 45 (31 herstel) = 14 aktiewe gevalle

Sedibeng – 21 (6 herstel) = 15 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 64

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button