Local newsNewsNews

6 Mei: Covid-19 eis nog 10 lewens in SA (in totaal 148)

SA se Covid-19 gevalle is nou 7 572 nadat daar gister 352 gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 7 220). Daar is ook 10 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 148 te staan bring (7 van die die Wes-Kaap, 1 van die Oos-Kaap, 1 van KwaZulu-Natal en 1 van Gaueng). Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 2 746 pasiënte herstel. Daar is nog 4 678 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 268 064 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar steeds tot dusver 21 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 14, in Midvaal 4 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Ses van die bogenoemde pasiënte het herstel. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 3 609 (71 sterftes) en (833 wat herstel het)

Gauteng – 1 697 (15 sterftes) en (979 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 142 (36 sterftes) en (415 wat herstel het)

Oos-Kaap – 838 (18 sterftes) en (341 wat herstel het)

Vrystaat – 128 (6 sterftes) en (96 wat herstel het)

Mpumalanga – 57 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 40 (2 sterftes) en (27 wat herstel het)

Noordwes – 35 (0 sterftes) en (20 het herstel)

Noord-Kaap – 26 (0 sterftes) en (13 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 727 993 (gister was dit 3 646 304), Tot dusver het die virus reeds 258 354 lewens geëis (gister was dit 252 425) en 1 242 482 het herstel (gister was die aantal 1 200 297). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 237 633 (vorige aantal 1 212 900) en 72 271 sterftes (vorige aantal was 69 921).
  • Spanje – 250 561 gevalle (vorige aantal was 248 301) en 25 613 sterftes.
  • Italië – 213 013 gevalle (vorige aantal 210 717) en die derde hoogste sterftesyfer van 29 315.
  • Verenigde Koninkryk – 194 990 gevalle (vorige aantal 186 599) en die tweede hoogste sterftesyfer van 29 427.
  • Frankryk – 170 551 gevalle (vorige aantal 168 693) en 25 531 sterftes.
  • Duitsland – 167 007 gevalle (vorige aantal 165 664) en 6 993 sterftes.
  • Rusland  – 155 370 gevalle (vorige aantal 134 687) en 1 451 sterftes.
  • Turkye – 129 491 gevalle (vorige aantal 126 045) en 3 520 sterftes.
  • Brazil – 115 953 gevalle (vorige aantal 101 826) en 7 958 sterftes.
  • Iran – 99 970 gevalle (vorige aantal 97 424) en 6 340 sterftes.
  • China – 82 883 gevalle (vorige aantal 82 880) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 339 aktiewe gevalle in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button