Local newsNewsNews

Viervoet-modelle kry ook ‘n kans voor die kamera

Dit wil voorkom of die "lockdown-fotograwe" al hoe beter word hoe langer die inperking duur. Vaalweekblad is sommer baie trots op die pragtige foto's wat daagliks ingestuur word. Dit is duidelik dat hierdie virus nie mense se geesdrif kan stuit nie, en dit is duidelik dat daar ook nie 'n tekort aan modelle (al is hul bietjie wollerig) is nie.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie wollerige “model” afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie kunstige kersligfoto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlark het die gewillige model met ‘n “attitude” afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het die spekboom met waterdruppel daarop afgeneem.
June Bartlett van George het haar skattige klein Mischa afgeneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het hierdie skoonheid in die tuin afgeneem.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark maak enige hondeliefhebber se hart week met die foto.
Die mooi natuurtoneel is deur Hanti Pretorius van Vereeniging geneem.
Hester Barnard van Vanderbijlpark het ook die mens se “beste vriend” afgeneem.
Manie Koekemoer het die pragtige rooi blomme afgeneem. (Die program het ongelukkig die foto effens afgesny – Vaalweekblad vra verskoning).
Johan Froneman van Vanderbijlpark het ook ‘n viervoet-model in sy huis bedtrap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button