Local newsNewsNews

Gauteng Covid-19 gevalle klim, Sedibeng staan nog stil

Sedibeng staan sedert 4 Mei op 'n totaal van 21 geregistreerde Covid-19 gevalle. Die nuwe getalle rakende Gauteng is bekend gemaak en dit dui daarop dat Sedibeng se getalle steeds onveranderd bly. Van die 21 geregistreerde gevalle het 6 pasiënte herstel.  Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 14, Midvaal 4 en Lesedi, wat die Heidelberg-omgewing is, het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 1 697 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 036 herstel het en 15 gesterf het. Daar is dus nog 661 aktiewe gevalle.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg is steeds die kern met – 971 (627 herstel) = 344 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 366 (263 herstel) = 103 aktiewe gevalle

Tshwane – 224 (108 herstel) = 116 aktiewe gevalle

Wes Rand – 51 (32 herstel) = 19 aktiewe gevalle

Sedibeng – 21 (6 herstel) = 15 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 64

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button