Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe fokus op natuur- en blommeprag

Kyk dit is nou maar eenmaal so, die lockdown-fotograwe sien die mooi om hulle raak en vang dit vas op kamera. Gelukkig stuur hulle dit dan aan Vaalweekblad sodat ons dit met groot trots met almal kan deel ... net om almal in hierdie tyd van beproewing te laat onthou dat daar nog baie mooi in die lewe is.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie kleurryke blom in die doodsnikke van herfs afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie prag-sonsondergang afgeneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die maan geneem.
Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die pragtige natuurfoto in haar tuin geneem.
Susan Swanepoel van Vanderbijlpark het die pragtige skoenlapper afgeneem. (Die program het ongelukkig die foto effens afgesny – Vaalweekblad vra verskoning).
Michelle Hart het ook aan die oorkant van die rivier in Sasolburg ‘n mooi sonsondergang afgeneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die pragtige foto in haar tuin geneem.
Karin Cronjé van Standerton het hierdie besige besoekers in haar tuin afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het hierdie nabyfoto van ‘n vetplant geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie besoeker afgeneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie pragtige roos afgeneem. (Die program het ongelukkig die foto effens afgesny – Vaalweekblad vra verskoning).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button