Lockdown-fotograwe se kunstigheid nie ingeperk nie
Die lockdown-fotograwe se verbeelding en vindingrykheid is beslis nie vasgevang in die web van die nasionale inperking nie. Vaalweekblad kan net sê: knap gedaan! Hier is nog 'n puik "oes" wat ontvang is en ons deel dit graag met almal.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.


















