Bokser voltooi marathon op loopmeul
MEYERTON. – Terwyl hy ingeperk is by sy huis in Los Angeles het die kampioenbokser Chris van Heerden Sondag sy heel eerste marathon op ‘n loopmeul voltooi. Chris het ná die tyd op Twitter gespog dat hy die marathon-afstand van 42.2km in ’n tyd van 3:48:24 voltooi het. Hy het ’n lewendige uitsending van …
MEYERTON. – Terwyl hy ingeperk is by sy huis in Los Angeles het die kampioenbokser Chris van Heerden Sondag sy heel eerste marathon op ‘n loopmeul voltooi.
Chris het ná die tyd op Twitter gespog dat hy die marathon-afstand van 42.2km in ’n tyd van 3:48:24 voltooi het.
Hy het ’n lewendige uitsending van sy marathon op sy Facebook-blad gebeeldsend waar ondersteuners en sy broers hom met boodksappe in die kommentaar ondersteun het.
Sy meisie, Brit McRae, saam met wie hy ingeperk is, was ook daar om hom te ondersteun en het ‘n video van hom geneem toe hy die uitdaging voltooi het.
Teen Chris se loopmeul het hy ‘n foto van sy oorle pa, Danie van Heerden, sowel as die bokser Terence Crawford, vir wie hy baie agting het, geplak vir inspirasie.
Volgens Chris het hy ‘n nuwe uitdaging gesoek om voor te oefen aangesien alle boksgevegte vir eers weens die COVID-19 afgestel is.
Chris het gebieg dat hy voor die tyd baie senuweeagtig was aangesien dit die eerste keer is wat hy so uitdaging aanpak.
Volgens Chris het hy net 3 en ‘n half weke vir die uitdaging geoefen.
*Chris is egter nie ‘n nuweling tot hardloop nie. Hy bly al van kleins af fiks deur te hardloop en spog met ’n persoonlike beste tyd vir van 19:34 by die Meyerton parkrun, ‘n rekord wat hy in 2018 opgestel het.






