Local newsNewsNews

12 Mei: SA het nou 10 652 Covid-19 gevalle

Volgens die nuwe SA se Covid-19 gevalle wat gister deur die WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 10 652 gevalle nadat daar nog 637 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 10 015). Daar is ook 12 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 206 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 4 357 pasiënte herstel. Daar is nog 5 658 aktiewe gevalle waarvan 77 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 356 067 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot dusver 26 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 17, in Midvaal 6 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Agt van die bogenoemde pasiënte het herstel wat beteken dat daar 18 aktiewe gevalle in die streek is. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word. Daar is ook 2 gevalle in (Metsimaholo wat Sasolburg/Zamdela gebied insluit).

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 5 621 (106 sterftes) en (1 607 wat herstel het)

Gauteng – 1 971 (22 sterftes) en (1 247 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 372 (44 sterftes) en (606 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 356 (24 sterftes) en (519 wat herstel het)

Vrystaat – 135 (6 sterftes) en (105 wat herstel het)

Mpumalanga – 63 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 54 (3 sterftes) en (28 wat herstel het)

Noordwes – 50 (1 sterftes) en (23 het herstel)

Noord-Kaap – 30 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 256 090 (gister was dit 4 181 218). Tot dusver het die virus reeds 287 336 lewens geëis (gister was dit 283 876) en 1 527 583 het herstel (gister was die aantal 1 493 490). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 385 834 (vorige aantal 1 367 638) en 81 795 sterftes (vorige aantal was 80 787).
  • Spanje – 268 143 gevalle (vorige aantal was 264 663) en 26 744 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 223 060 gevalle (vorige aantal 215 260) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 32 065.
  • Rusland het by Italië verby geskuif – 221 344 (vorige aantal 209 688) en 2 009 sterftes.
  • Italië – 219 814 gevalle (vorige aantal 219 070) en die derde hoogste sterftesyfer van 30 5739.
  • Frankryk – 176 970 gevalle (vorige aantal 176 658) en 26 643 sterftes.
  • Duitsland – 172 576 gevalle (vorige aantal 171 879) en 7 661 sterftes.
  • Brazil – 169 594 gevalle (vorige aantal 162 699) en 11 653 sterftes.
  • Turkye – 139 771 gevalle (vorige aantal 138 657) en 3 841 sterftes.
  • Iran – 109 286 gevalle (vorige aantal 107 603) en 6 685 sterftes.
  • China – 82 919 gevalle (vorige aantal 82 918) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 115 aktiewe gevalle in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button