Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe fokus op die mooi dinge in die lewe

Net soos die lewe het die inperking ook maar party dae wat moeiliker is as ander. Maar die "lockdown-fotograwe" het met hulle foto's weer eens op hul unieke en uitsonderlike wyses beklemtoon dat mens soms maar net verby die "mistigheid" moet kyk om weer die sonstrale te sien, en wanner die mismoedigheid jou beetpak moet jy dalk maar eerder op die mooi dinge in die lewe fokus.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Anita Sevenster from Vanderbijlpark took this photo on a morning walk in the veld along Andries Potgieter Blvd just past the university.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige pienk blomme in haar tuin afgeneem.
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie mooi makrofoto geneem.
June Barlett van George het haar geliefde Belle binne-in ‘n familie waskom-erfstuk laast poseer vir die foto.
Bennie Henning van Germiston het die foto van die vroeë opkoms van die melkmaan (die laaste van die super-mane van 2020) op 7 Mei geneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het hierdie goudgeel blom in haar tuin ontdek.
Die prag van ‘n mistige oggend het Jenny Botes van Vanderbijlpark se oog gevang.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die twee “manne” wat die inperking bekyk afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het hierdie oulike foto ingestuur wat ons net weer herhinner dat ons nie moet vergeet om te glimlag nie.
Hennie Coetsee van Meyerton het die kleurvolle foto geneem. (Die program het die foto ongelukkig effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Mari Blignaut van Vanderbijlpark het die pragtige Protea afgeneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem.
Marina Louw van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button