LifestyleNationalNews

NWU bied virtuele pretloop vir almal aan

Neem deel op 16 Mei en wen lekker pryse!

Mis jy die klap van jou voete op die pad wanneer jy hardloop? Voel jy ‘n bietjie terneergedruk omdat jy nie aan enige marathons kon deelneem nie? Is jy gefrustreerd omdat jy nie teen enigiemand anders om ‘n eerste prys kan meeding nie?

As jy op enige van hierdie vrae ja kon antwoord, het die Noordwes-Universiteit (NWU) net die oplossing vir jou.

Die NWU gaan van 06:00 tot 09:00 op 16 Mei sy heel eerste 5 km- Virtuele Pretloop vir studente, personeel, lede van die gemeenskap en borge aanbied.

Al wat jy nodig het om deel te neem, is ‘n slimtoestel of -foon wat jou sal help om aan die einde van die pretloop jou tyd op Wufoo aan te teken.  Plekke sal aan alle hardlopers toegeken word.

Die publiek word aangemoedig om te registreer, aangesien daar ‘n aantal groot pryse te wen is. Registrasie sluit op Vrydag 15 Mei om 09:00.

“Ná registrasie sal alle deelnemers meer inligting via e-pos ontvang. Ons doen ook ‘n beroep op alle deelnemers om aan die vlak 4-inperkingsregulasie te voldoen deur binne ‘n 5 km-radius van hulle huise te bly wanneer hulle hardloop,” sê NWU se belanghebberverhoudingepraktisyn Louis Janse van Rensburg.

Om deur middel van Wufoo vir die pretloop te registreer, klik hier: https://nwupuk.wufoo.com/forms/m11wbfku1g6lv2w/

Vir meer inligting kontak Louis Janse van Rensburg via e-pos by specialevents@nwu.ac.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button