Local newsNewsNews

Vereeniging se Oupa Stof (101) oorlede

VEREENIGING. - Vaalweekblad het vanonggend die hartseer nuus ontvang dat oom Dirk Stofberg, of sommer Oupa Stof soos hy beter bekend was, in die ouderdom van 101 jaar en 20 dae oorlede is.

Die NG Kerk Drie Riviere Oos het Vaalweekblad vanoggend in kennis gestel oor hul oudste gemeentelid se afsterwe en is saam met Marianne Robinson, oom Stof se dogter en die res van die familie hartseer om afskeid te moet neem.

Oupa Stof het ‘n vol lewe gehad en was vir jare in Drie Riviere woonagtig. Hy het egter sowat twee weke gesondheidsprobleme begin ervaar en moes in die Unitas-hospitaal opgeneem word. Sy gesondheid het egter aanhou versleg.

“Oupa Stof ons as gemeente en leraarspaar gaan jou baie mis. Ons sal jou onthou vir jou nederigheid, jou groot kennis van alles wat al in die wêreld gebeur het in jou tyd, maar die mooiste kenmerk in jou lewe wat ons altyd sal onthou is jou liefde vir ons Hemelse Vader. Jy het dit elke dag van jou lewe uitgeleef.

“Oupa Stof, dankie dat ons jou kon ken, kon liefhê en so baie by jou kon leer, veral oor wat naasteliefde is. Jy sal altyd ‘n baie spesiale plek in ons gemeente en ons as leraarspaar se harte en “memories” hê,” lees die leraar epgaar Ds Chris en Martie, asook Jaco en die gemeente se boodskap.

Hulle het ook in besonder vir Marianne bedank wat so mooi deur die jare na oupa Stof omgesien het.

Rus sag oupa Stof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button