Nog prag-foto’s om op trots te wees
Daar word glo daagliks sowat 350 miljoen foto's op Facebook gelaai teen die spoed van 14,58 miljoen foto's per uur, 243 00 per minuut en 4 000 per sekonde. Vaalweekblad is dus trots om danksy ons talentvolle "lockdown-fotograwe" ons beskeie bydrae te kan maak. Geniet vandag se pragtige oes!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.


















