16 Mei: Sedibeng het nou 38 amptelike Covid-19 gevalle
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het volgens die nuutste beskikbare getalle wat vanoggend deur die Gauteng Departement bekend gemaak is nou 38 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 10 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 28 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 26, Midvaal 7 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 4. Daar is ook 1 geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
Daar is in totaal reeds 2 210 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 583 herstel het en 24 gesterf het. Daar is dus nog 583 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 54 pasiënte is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 179 (968 herstel) = 211 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 477 (368 herstel) = 109 aktiewe gevalle
Tshwane – 322 (197 herstel) = 125 aktiewe gevalle
Wes Rand – 68 (40 herstel) = 28 aktiewe gevalle
Sedibeng – 38 (10 herstel) = 28 aktiewe gevalle
Nie toegeken aan spesifieke streek – 126



