17 Mei: Sedibeng het nou 39 geregistreerde Covid-19 gevalle (29 steeds aktief)
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het volgens die nuutste beskikbare getalle wat vanmiddag deur die Gauteng Departement bekend gemaak is nou 39 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 10 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 29 aktiewe gevalle. Leser moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 27, Midvaal 7 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 4. Daar is ook 1 geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
Daar is in totaal reeds 2 262 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 616 herstel het en 25 gesterf het. Daar is dus nog 646 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 54 pasiënte is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 195 (993 herstel) = 202 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 488 (368 herstel) = 120 aktiewe gevalle
Tshwane – 324 (203 herstel) = 121 aktiewe gevalle
Wes Rand – 71 (42 herstel) = 29 aktiewe gevalle
Sedibeng – 39 (10 herstel) = 29 aktiewe gevalle
Nie toegeken aan spesifieke streek – 145



