18 Mei: Groot sprong na 15 515 Covid-19 gevalle in SA
Volgens die nuwe SA Covid-19 gevalle wat gisteraand deur WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 15 515 gevalle nadat daar nog 1 160 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 14 355). Daar is ook 3 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 264 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 7 006 pasiënte herstel. Daar is nog 8 245 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 460 873 toetse regoor die land gedoen.

Sedibeng het volgens gister se getalle 39 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 10 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 29 aktiewe gevalle. Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 27, Midvaal 7 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 4. Daar is ook 1 geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 9 294 (149 sterftes) en (3 521 wat herstel het)
Gauteng – 2 329 (25 sterftes) en (1 583 wat herstel het)
Oos-Kaap – 1 936 (35 sterftes) en (839 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 543 (45 sterftes) en (817 wat herstel het)
Vrystaat – 158 (6 sterftes) en (108 wat herstel het)
Mpumalanga – 71 (0 sterftes) en (49 het herstel)
Limpopo – 77 (3 sterftes) en (37 wat herstel het)
Noordwes – 70 (1 sterftes) en (28 het herstel)
Noord-Kaap – 37 (0 sterftes) en (24 het herstel)
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 805 210 (gister was dit 4 722 233). Tot dusver het die virus reeds 316 732 lewens geëis (gister was dit 313 266) en 1 860 050 het herstel (gister was die aantal 1 813 014). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 213 lande wat gebuk gaan onder die virus.
Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 527 664 (vorige aantal 1 507 773) en 90 978 sterftes (vorige aantal was 90 113). ‘n Totaal van 346 389 het tot dusver van die virus herstel.
- Rusland het opgeskuif – 281 752 (vorige aantal 272 043) en 2 631 sterftes.
- Spanje – 277 719 gevalle (vorige aantal was 276 505) en 27 650 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 241 080 gevalle (vorige aantal 240 161) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 34 636.
- Brazil – 241 080 gevalle (vorige aantal 233 511) en 16 122 sterftes.
- Italië – 225 435 gevalle (vorige aantal 224 760) en die derde hoogste sterftesyfer van 31 908.
- Frankryk – 179 569 gevalle (vorige aantal 179 365) en 28 108 sterftes.
- Duitsland – 176 651 gevalle (vorige aantal 176 244) en 8 049 sterftes.
- Turkye – 148 067 gevalle (vorige aantal 148 067) en 4 140 sterftes.
- Iran – 120 198 gevalle (vorige aantal 118 392) en 6 988 sterftes.
- * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 954 gevalle (vorige aantal 82 947) en 4 634 sterftes. Daar is nog net 82 aktiewe gevalle in die land). – statistiek vanaf Covid-19 Worldometer webblad.



