Local newsNewsNews

20 Mei: 40 Covid-19 gevalle in Sedibeng

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het volgens die nuutste beskikbare getalle wat vanmiddag deur die Gauteng Departement bekend gemaak is nou 40 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 13 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 27 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 28 (waarvan 9 herstel het), Midvaal 7 (waarvan 1 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 5 waarvan 3 herstel het. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 2 361 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 694 herstel het en 27 gesterf het. Daar is dus nog 667 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 54 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 214 (1 032 herstel) = 182 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 538 (384 herstel) = 154 aktiewe gevalle

Tshwane – 336 (222 herstel) = 114 aktiewe gevalle

Wes Rand – 71 (43 herstel) = 28 aktiewe gevalle

Sedibeng – 40 (13 herstel) = 27 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 162

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button