22 Mei: SA Covid-19 gevalle meer soos verwag, Brasilië se gevalle kommerwekkend
Volgens die nuutste getalle wat gistermiddag bekend gemaak is, het SA se se Covid-19 gevalle opgeskuif na binne die raamwerk wat voorpsel was, maar op internasionale gebied is dit kommerwekkend om te sien hoe vinnig die gevalle in Brasilië vermeerder het. Die land is nou derde hoogste op die lys van lande wat die swaarste getref word deur die virus met 310 910 gevalle en 20 082 sterftes. Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus.

SA staan tans op 19 137 Covid-19 gevalle in SA. Die vorige aantal was 18 003 wat beteken dat daar 1 134 nuwe gevalle bygekom het. Daar is ook 30 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 369 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer intussen verander nie. Hierdie groottotaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 8 950 pasiënte herstel. Daar is nog 9 818 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 5 950 toetse regoor die land gedoen.
* Inligting en statistiek en inligting vanaf World Health Organization / Covid-19 Worldometer webblad / Covid-19 Information Centre.
Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 31 (waarvan 9 herstel het), Midvaal 7 (waarvan 2 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 5 waarvan 3 herstel het. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 12 153 (235 sterftes) en (5 105 wat herstel het)
Gauteng – 2 453 (27 sterftes) en (1 694 wat herstel het)
Oos-Kaap – 2 324 (50 sterftes) en (1 036 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 693 (46 sterftes) en (842 wat herstel het)
Vrystaat – 184 (6 sterftes) en (118 wat herstel het)
Limpopo – 121 (3 sterftes) en (42 wat herstel het)
Mpumalanga – 95 (0 sterftes) en (58 het herstel)
Noordwes – 77 (1 sterftes) en (28 het herstel)
Noord-Kaap – 37 (1 sterftes) en (27 het herstel)
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle het gister die 5 miljoen kerf verby gesteek. Daar is nou 5 197 863 gevalle (gister was dit 5 090 157). Tot dusver het die virus reeds 334 680 lewens geëis (gister was dit 329 739) en 2 082 950 pasiënte het gelukkig herstel (gister was die aantal 2 024 329). Hierdie getalle sal deur die loop van die dag meer word wanneer al die lande hul nuuste statistieke aan die World Health Organization deurgee.
Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 620 902 (vorige aantal 1 593 039) en 96 354 sterftes (vorige aantal was 94 941). ‘n Totaal van 382 169 het tot dusver van die virus herstel.
- Rusland – 317 554 gevalle (vorige aantal 308 705) en 3 099 sterftes.
- Brasilië – 310 910 gevalle (vorige aantal 293 357) en 20 082 sterftes.
- Spanje – 280 117 gevalle (vorige aantal was 279 524) en 27 940 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 250 908 gevalle (vorige aantal 248 293) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 36 042.
- Italië – 228 006 gevalle (vorige aantal 227 364) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 486.
- Frankryk – 181 826 gevalle (vorige aantal 181 575) en 28 251 sterftes.
- Duitsland – 179 021 gevalle (vorige aantal 178 531) en 8 309 sterftes.
- Turkye – 153 548 gevalle (vorige aantal 152 587) en 4 249 sterftes.
- Iran – 129 341 gevalle (vorige aantal 126 949) en 7 249 sterftes.
- * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 971 gevalle (vorige aantal 82 967) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is nog net 82 aktiewe gevalle in die land).



