NewsNews
Covid-19 statistiek: Brasilië nou wêreld “hot spot”
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle staan reeds op 5 407 414 gevalle (gister was dit 5 334 765). Tot dusver het die virus reeds 344 025 lewens geëis (gister was dit 340 605) en 2 248 363 pasiënte het gelukkig herstel (gister was die aantal 2 178 229). Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuuste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 666 828 (vorige aantal 1 646 473) en 98 683 sterftes (vorige aantal was 97 686). ‘n Totaal van 446 914 het tot dusver van die virus herstel.
- Brasilië is nou die wêreld virus “hot spot” en het opgeskuif na die tweede hoogste plek met 349 113 gevalle (vorige aantal 333 937) en 22 165 sterftes.
- Rusland – 335 882 gevalle (vorige aantal 317 554) en 3 388 sterftes. (nuutste syfers nie ontvang)
- Spanje – 282 370 gevalle (vorige aantal was 281 904) en 28 678 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 257 154 gevalle (vorige aantal 254 195) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 36 675.
- Italië – 229 327 gevalle (vorige aantal 228 658) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 735.
- Frankryk – 182 469 gevalle (vorige aantal 182 219) en 28 332 sterftes.
- Duitsland – 179 986 gevalle (vorige aantal 179 713) en 8 366 sterftes.
- Turkye – 155 686 gevalle (vorige aantal 154 500) en 4 308 sterftes.
- Iran – 133 521 gevalle (vorige aantal 129 341) en 7 359 sterftes. (nuutste syfers nie ontvang).
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 974 gevalle (vorige aantal 82 971) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is glo nog net 79 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



