Kruger Sightings is ‘n YouTube kanaal waar daar gereeld videos gelaai word oor wat in Mala Mala gebeur. Die wildbewaarders moet mos voortgaan met hul werk en dis lekker dat hul so bietjie van wat hulle sien met kykers deel.
Hierdie video, https://www.youtube.com/watch?v=1IwYbniCVZY&t=1s, fokus vir ‘n paar minute op ‘n leeumannetjie raakgesien in die noordelike gedeelte van Mala Mala amper op die grens na Sabi Sands toe. Die maanhaar begin op ‘n stadium lekker saam gesels. Gee mens sommer hoendervleis!

Volg ook gerus die Kapama wildbewaarders op hul YouTube kanaal, Kapama Private Game Reserve. Hulle neem jou saam op hul daaglikse patrollies en deel hul kennis oor die natuur en diere so ver as wat hul gaan. In die video wat op 19 Mei 2020 gelaai is, is daar ‘n paar spanningsvolle oomblikke as ‘n jong kameelperd val en bly lê. Kyk gerus wat gebeur https://www.youtube.com/watch?v=xN87mXeCfE4
Dan is daar natuurlik die Djuma Private Game Reserve Live Stream, https://www.youtube.com/watch?v=gg6XDFxdE9o, ook op YouTube waar jy daagliks kan sien wat gebeur by die Gowrie dam in die Djuma Game Reserve, in die Sabi Sand Wildtuin, in Mpumalanga. Volgens hul YouTube kanaal is hierdie die oudste kamera wat lewendig vanaf ‘n watergat uitsaai in Afrika. Die watergat se kameras is al in 1998 opgesit en vrywillegers van oor die wêreld beheer die kameras in skofte. Daar is voortdurende beweging soos die vrywilligers of “zoomies” die kameras draai en in en uit zoom op soek na wild. Vanoggend het ‘n olifant rustig eers ‘n waterbad en toe ‘n stofbad geneem alvorens hy weer in die ruigtes verdwyn het. Dis ook lekker om na al die tipiese bosgeluide te luister…



