CommunityLocal newsNewsSportSport

Fochville se rugby-manne draf oor Vanderbijl

Fochville Rugbyklub se spanne het verlede naweek skoonskip met teenstanders van Vanderbijlpark gemaak.

Fochville Rugbyklub se spanne het verlede naweek skoonskip met teenstanders van Vanderbijlpark gemaak. Fochville se Eerstes het die besoekers met ‘n allemintige telling van 76 – 3 in die stof laat byt. Llewellyn Eberson en Johan Baits het elk met twee drieë geslaag, terwyl Jean Roberts, Shaun Siebert, Gerhard Janse van Rensburg, Chris Kinnear en Roelof Smith ook elk ‘n drie gedruk het. Smith het ook sewe doelskoppe en ‘n strafskop aangeteken. Die o/12-span het Vanderbijlpark ook met ‘n telling van 12 – 8 geklop. Hier het Gorden Labuschagne en Tsepo Thibedi elk ‘n drie gedruk, terwyl Neels Matsotso ‘n doelskop oor die pa- le gesit het. Volgens ‘n woordvoerder van die klub, Riaan Scott, is daar besluit om die spelers ‘n bietjie te laat rus. Hul volgende wedstryde sal egter op 12 Maart tydens ‘n besondere rugbydag gespeel word. Tydens dié byeenkoms sal die spanne, volgens Scott, nie net tydens ses wedstryde teen MC Civils van Rustenburg, Westonaria, Klerksdorp en Welkom te staan kom nie, maar sal daar ook ander aktiwiteite soos ‘n helikoptervertoning plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button