NewsNews

HARTSEER AFSKEID VAN KRANIGE SPORTMAN

VANDERBIJLPARK. – Vrydagaand 11 Maart het die Vaaldriehoek een van sy veelsydige sportmanne verloor in ‘n ongeluk in Hendrik van Eck Boulevard. Jannie (Janneman) Espach (26) was ‘n oud leerling van Vaalpark Primêre skool en baie sal hom onthou, veral in die sportkringe. Reeds van 9 jarige ouderdom speel hy Provinsiaal tennis, en verwerf later …

VANDERBIJLPARK. – Vrydagaand 11 Maart het die Vaaldriehoek een van sy veelsydige sportmanne verloor in ‘n ongeluk in Hendrik van Eck Boulevard.

Jannie (Janneman) Espach (26) was ‘n oud leerling van Vaalpark Primêre skool en baie sal hom onthou, veral in die sportkringe. Reeds van 9 jarige ouderdom speel hy Provinsiaal tennis, en verwerf later jare ook provinsiale kleure in atletiek en krieket. In 2002 maak Janneman geskiedenis deur die eerste seun te word in Vaalpark Primêr wat vir beide tennis en krieket Vrystaatkleure verwerf.
Janneman word ook verskeie kere as Vaalpark Primêr se Veelsydigste Sportseun van die Jaar aangewys.
Vanaf sy gr 8 tot sy gr 11 jaar beoefen hy steeds atletiek, tennis, krieket en rugby. In 2003 was dit reeds duidelik dat die atletiekgogga erg byt, veral in spiesgooi en hy breek ‘n 23 jaar oue rekord by sy eerste interhuis byeenkoms van Hoërskool Driehoek. In daardie jaar breek hy feitlik elke bestaande rekord by elke atletiekbyeenkoms.
In 2004 moes hy in ‘n naelbyt einde met letterlik cm’s verkil met ‘n 4de plek by Usassa tevrede wees.
In 2005 word hy by die Usassa byeenkoms gedurende Maart in die Paarl deur afrigters raakgesien en hy besluit om na Pretoria te verhuis vir afrigting. 2005 is egter sy deurbraakjaar, hy bly onoorwonne in elke atletiekbyeenkoms, dit sluit in die Top Tien, Super 16 en Gauteng kampioenskappe. In dieselfde jaar verower hy die silwer medalje by Usassa asook die silwer medalje by die Suid Afrikaanse Jeug kampioenskappe. Hy dring deur tot die Suidelike Halfrond Kampioenskappe en wen weer die silwermedalje, wat hom ook kwalifiseer vir die Wêreld jeug kampioenskappe in Marokko waar hy Suid Afrika verteenwoordig. Hoewel Janneman op daardie stadium slegs 15 jaar oud was, neem hy deel in die o/17 kategorie en word dan ook die wêreld se nr 1 op die ranglys in die ouderdomsgroep o/16 met sy gooi van 69.88m tydens die Super 16 byeenkoms in Germiston.
In 2006 verwerf hy ‘n 3de plek op Usassa. In 2007 is hy weer onoorwonne by elke byeenkoms tot en met Usassa waar hy weer die silwer medalje wen. Hy is 17 jaar oud en moes by die Junior Suid Afrikaanse kampioenskappe in die afdeling mans o/20 deelneem, en weer verras hy deur die silwer medalje te verower- dit kwalifiseer hom om aan die Afrika Junior Spele in Burkina Faso te gaan deelneem in Augustus, en hier bereik hy ‘n 4de plek. Janneman het sy hoërskoolloopbaan by Zwartkop afgesluit met ‘n hoogtepunt deur weereens as die Senior Sportseun van die Jaar bekroon te word.
Na matriek het die liggaamsbou gogga gebyt en het hy homself as ‘n persoonlike afrigter gekwalifiseer. Hy het top liggaamsbouers
afgerig. Sy persoonlike afrigter was John Leslie, professionele liggaamsbouer van Johannesburg. Janneman was ook ‘n kranige
sakeman van Vanderbijlpark wat in sy jong leeftyd van 26 jaar reeds twee besighede in sy naam gehad het, naamlik Nutristore.
Janneman sou op 16 April 2016 aan sy eerste professionele liggaamsbou kompetisie deelgeneem het. Sy familie en vriende sal
hom altyd onthou as ‘n persoon met ongelooflike dissipline en deursettingsvermoe, ‘n persoon wat geweet het wat hy wou bereik het in die lewe en absoluut voluit daarvoor gegaan het. Hy het ‘n ongelooflike sin vir humor gehad en was baie gewild onder mense, en hy was nie verniet die “Gentle Giant” genoem nie. RIV.

 

12821329_10201410683827192_277064129249674148_n

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button