Bederf vandag jou troeteldiere
Daar is deesdae die vreemdste dae wat gevier word. As dit nie Nasionale Rot-dag of Nasionale Karamel-dag is nie, is dit Nasionale DNA-dag. Vandag is egter die een dag van die jaar wat ons 'n dag vir ons troeteldiere vier.

Daar is deesdae die vreemdste dae wat gevier word. As dit nie Nasionale Rot-dag of Nasionale Karamel-dag is nie, is dit Nasionale DNA-dag. Vandag is egter die een dag van die jaar wat ons ‘n dag vir ons troeteldiere vier. Ja, jy het reg gehoor, vandag is Nasionale Troetedier-dag en die perfekte geleentheid om jou viervoet-kind te bederf.
Jy kan ‘n nuwe speelding koop, lekker kos en bederfies gee of sommer net lekker lank met jou hond gaan stap indien jy honde het. Om die dag nog beter te maak, kan jy altyd uitreik na die DBV of enige ander organisasie wat na die welstand van diere omsien en dalk self ‘n hond of kat aanneem.
Daar is so baie mishandelde en verwaarloosde diere wie se lewe jy die moeite werd kan maak deur jou deel te gee vir diegene wat na hulle omsien. Maak dus vandag jou hart oop vir troeteldiere!



