Fanie du Preez in Vereeniging verhoor #Desembergesinsmoordenaar2015
VANDERBIJLPARK. - Die beweerde gesinsmoordenaar, Fanie du Preez, het op Maandag 11 April weer in die landdroshof in die dorp verskyn, nadat die hof op 26 Februarie uitstel gegee het vir ‘n verhoordatum in die hooggeregshof.

VANDERBIJLPARK. – Die beweerde gesinsmoordenaar, Fanie du Preez, het op Maandag 11 April weer in die landdroshof in die dorp verskyn, nadat die hof op 26 Februarie uitstel gegee het vir ‘n verhoordatum in die hooggeregshof.
Fanie sal tussen 10 en 21 Oktober in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Vereeniging verhoor word. Sy prokureur, Jaco van Wyk, het ook Maandag in die hof aangedui dat adv. Roelof van Wyk by die verdedigingspan gevoeg is om Du Preez in die hooggeregshof te verdedig.
Du Preez het op 3 Desember verlede jaar sy vrou Thea (43), hul seun Phillip (14) en dogter Carlia (17), in die vroeë oggendure doodgeskiet. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en regsverydeling.



