CommunityCommunityLocal newsNewsNewsPhoto GalleriesSchool
Drieries maak naam oorsee
Die Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging se koor het gedurende die April-vakansie aan die Golden Voices of Montserrat in Catalonia,in die Noorde van Spanje,deelgeneem en 'n eerste plek vir hul akademiese sang en 'n tweede plek in die tradisionele afdeling behaal.

Die Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging se koor het gedurende die April-vakansie aan die Golden Voices of Montserrat in Catalonia,in die Noorde van Spanje,deelgeneem en ‘n eerste plek vir hul akademiese sang en ‘n tweede plek in die tradisionele afdeling behaal. Die kompetisie is deur Fiestalonia Milenio gereël.
Die dag na die kompetisie is die groep toegelaat om in die Santa Maria de Montserrat Abbey te sing.Dit was vir elkeen ‘n baie groot eer en voorreg. Hier is ‘n paar van die foto’s wat hulle geneem het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!











