Wat? Vier jou eks?
Vandag is weer een van daardie vreemde vieringe? Op 14 April vier ons Nasionale eks-eggenoot Dag. Maar hoe dan nou? Hoe vier mens dan iets wat nie eers amper ‘n viering kan wees nie?
Die beste antwoord op die vraag is die volgende: ‘n Huwelik werk nie altyd soos mens beplan nie. Nie almal kry hul gelukkige einde soos in sprokiesverhale nie, maar sommige mense vind dat hulle egter beter met hul eks-eggenoot oor die weg kom wanneer hulle geskei is.Ongelukkig draai nie alle egskeidings goed uit nie en dit is dikwels ‘n pynlike en traumatiese tyd vir baie, terwyl ander weer beter aan die anderkant uitkom. Statistiek toon dat 50% van paartjies wat hul eerste huwelik betree, aan die einde van die dag weer skei.
Wat egter belangrik is indien jy ook hierdie pad stap, is om altyd jou kinders (indien jy het) in ag te neem met wat jy doen en hoe jy optree voor, gedurende en na die egskeiding.
So vir alle geskeide paartjies: begrawe vandag die strydbyl en vier jou eks-eggenoot, of hy/sy dit nou verdien of nie.



