Die Hap en Kap hengelklub het op 16 April hul klubkompetisie by Koppies B-Sone gehou. Die vlak van die dam is ook redelik laag en die visse wou nie lekker ‘hoek vat’ nie. Daar was 25 hengelaars teenwoordig en hulle weeg 63 vir (74,5 kg) in vir punte.
Die uitslae is:
Die swaarste spesies is:
Danie Bezuidenhout karp (4,420 kg), Danie Bezuidenhout baber (0,795 kg), Andrea van der Westhuizen moggel (0.910 kg) Frans Gericke moddervis (0,930 kg) en F.Maartens geelvis (0,770 kg).
Die wenners in die afdelings is:
Seniors: Koos van Deventer (9 vis: 5,825 kg), Veterane: Danie Bezuidenhout 4 vis (11,295 kg), Juniors: Henry Madeleyn (4 vis – 2,865 kg). Dames: Andrea van der Westhuizen (1 vis: 0,910 kg). Die klub se volgende kompetisie is op 21 Mei by Ardenza.
Vir enige navrae kan die klubsekretaris, Leon Meyer by 083 775 4639 gekontak word. Die klub is een van sewe klubs in die Noord-Vrystaat (Vaaldriehoek wat as streek-4 bekendstaan) en is by Vrystaat geaffilieer. Die klub vier sy 21ste bestaansjaar in 2017.



