CommunityLocal newsNewsNews

AfriForum maak Noordwes se blou- en groendruppelverslag bekend

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Maart 2016 die gehalte van drink- (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en in 24 dorpe regoor Noordwes getoets.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Maart 2016 die gehalte van drink- (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en in 24 dorpe regoor Noordwes getoets.

Die monitering van drinkwater in gemeenskappe vorm deel van AfriForum se #skoonwater-inisiatief. “Ons wil deurlopend verseker dat Suid-Afrikaners se grondwetlike reg op toegang tot skoon, lopende water beskerm word,” sê Alta Swart, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noordwes.

Bloudruppel

Die resultate het aangedui dat twee dorpe, Schweizer-Reneke en Stella, se water nie vir menslike gebruik geskik is nie weens baie hoë konsentrasies nitrate wat in die drinkwater voorkom. “Coligny in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit het ʼn verbetering getoon,” het Swart genoem.

1

 

“AfriForum het die plaaslike gemeenskappe gewaarsku om tot verdere kennisgewing nie die water te drink nie. Munisipaliteite is binne 24 uur in kennis gestel en tot aksie geroep. Kort daarna het die water in beide dorpe aan die vereistes vir gesonde drinkwater voldoen,” sê Hendrik Oosthuizen, AfriForum se assistentkoördineerder vir Noordwes.

Groendruppel

AfriForum het die rioolwatergehalte in 14 dorpe getoets. Daar is bevind dat 12 dorpe binne die gestelde mikrobiologiese standaarde val.

Twee dorpe het egter nie aan die regulasies voldoen nie:

  • Stella stel meer as 2 000 E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry
  • Wolmaransstad stel meer as 1 000 E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry

2

Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se Assistentkoördineerder vir Noordwes, sal die organisasie die nodige stappe neem om toepaslike remedies in werking te stel in dorpe wat nie aan die standaarde voldoen nie óf wat nie in die afgelope drie jaar verbeter het nie.

 

“Dit is belangrik dat drink- en rioolwatergehalte deurlopend getoets word. Ons moet hierdie lewensnoodsaaklike bron beskerm en seker maak dat die Bloemhof-gebeure in 2014 nie herhaal word nie,” het Swart afgesluit.

Water word getoets deur die AfriForum se Mooinooi tak by Elandskraal laerskool. (Large)
Water word getoets deur die AfriForum se Mooinooi tak by Elandskraal laerskool. (Large)

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button