Vanderbijlparkse pa gevonnis vir seksuele molestering
'n 38-jarige man van Vanderbijlpark is vandag (21 April) in die streekhof in die dorp ‘n vonnis van agt jaar gevangenisstraf opgelê vir die seksuele molestering van ‘n seuntjie (7).

‘n 38-jarige man van Vanderbijlpark is vandag (21 April) in die streekhof in Vereeniging ‘n vonnis van agt jaar gevangenisstraf opgelê vir die seksuele molestering van ‘n seuntjie (7).
Streekhoflanddros Retha Willemse het tydens vonnisoplegging gesê Cobus Bothma is siek en hy kort hulp. Sy gevangenisstraf is egter vir vyf jaar opgeskort, onder die voorwaarde dat geen klagtes van seksuele molestering in die tydperk weer teen hom aanhangig gemaak word nie.
Hy is vir ‘n tydperk van drie jaar onder huisarres geplaas en gaan dus nie die drie jaar agter tralies deurbring nie, maar wel by sy huis. In dié tyd moet hy ook verdere sielkundige behandeling ondergaan en gemeenskapsdiens verrig. ‘n Moniteringstelsel sal sy doen en late monitor.
Die ouers van die slagoffer sê hulle lewe het geheel en al verander en dié van hul kinders ook. “Hy was vir meer as 12 jaar een van ons huisvriende. Ons het hom vertrou en toe gebeur dit,” het die emosionele ouers gesê.
Cobus is ‘n getroude man en pa van twee kinders. Sy vrou het hom gedurende die vonnisoplegging ondersteun.
*Lees die volledige berig in volgende week se Vaalweekblad.



