Pasop vir die nuwe Facebook-virus
'n Nuwe Facebook-virus doen tans die rondte en kan veroorsaak dat vreemde video's op jou Facebook-profiel verskyn asook in jou privaatboodskappe tussen jou en jou vriende.

‘n Nuwe Facebook-virus doen tans die rondte en kan veroorsaak dat vreemde video’s op jou Facebook-profiel verskyn asook in jou privaatboodskappe tussen jou en jou vriende.
Talle Facebook-gebruikers het al hul ‘status’ intussen opgedateer en hul vriende aangeraai om nie vreemde ‘posts’ oop te maak wat van hulle af kom nie. Sommige het ‘n inbox-boodskap ontvang waarin hulle in die kommentaar-opsie gemerk is. Wanneer jy die video oopmaak word jy na ‘n vals webwerf geneem en versoek om ’n eksterne webblaaier-app (“plugin”)te installeer. Sodra jy as gebruiker dié uitbreiding installeer, verskyn vals video-inskrywings op hul Facebook-profiel en amper al hul vriende word in die inskrywing gemerk met ‘n skakel na die video.
Indien jy in die strik getrap het, doen die volgende:
1. Gaan dadelik na jou webblaaier se “settings” en klik op “extentions”.
2. Wis die kwaadwillige app uit.
3. Gaan na jou profiel en wis al die vals inskrywings uit.
4. Facebook sal ook ’n skandering van jou blad doen en in ’n verslag noem dat alles skoon is.
Hierdie stappe sal die virus hopelik in sy spore stuit.Dit blyk asof slegs Chrome-gebruikers die virus ontvang.



