NewsNews

Tienerselfdood: Wat jy moet weet

Meer as 21.9% van 18-jariges in Suid-Afrika het al probeer selfdood pleeg.

Die selfdood van ‘n jong universiteitstudent op die gewilde TV-sepie, Binnelanders, het baie kykers diep geraak. Maar hoeveel weet ons werklik oor hierdie hartseer onderwerp.

Meer as 21.9% van 18-jariges in Suid-Afrika het al probeer selfdood pleeg.

“”Dit is volgens statistieke van die Nasionale Jeug Risikogedrag-opname. Die opname toon ook dat 17.6% van Suid-Afrikaanse tieners al selfdood oorweeg het terwyl 15.6% beplan het om selfdood te pleeg.

Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG) is 9.5% van onnatuurlike sterftes in jong mense te wyte aan selfdood. Jong mense tussen 15 en 19 jaar loop die grootste risiko. “Die algemeenste metodes van selfdood onder tieners is hang, vergassing, skiet, oordosis en brand,” sê Cassey Chambers, SADAG se bedryfsdirekteur.

Volgens Chambers het die selfdoodkoers onder kinders tussen 10 en 14 jaar oor die afgelope 15 jaar meer as verdubbel. “75% van alle mense wat selfdood pleeg, gee een of ander waarskuwing van hulle voorneme aan ʼn vriend of familielid en daarom moet alle selfdooddreigemente en –pogings ernstig opgeneem word.”

Tieners sal dikwels baie wisselings in gemoedstoestand beleef, maar volgens Chambers sal tieners wat regtig vir twee weke of langer ongelukkig voel, aan depressie ly. “Skool, ouers, vriende en verhoudings kan verwarrend en frustrerend wees – dinge kan een oomblik wonderlik wees en die volgende oomblik aaklig. Dit is ʼn feit dat een in elke vyf tieners depressief raak.”

Wees bekommerd oor depressiewe persone as ten minste vyf van die volgende simptome byna elke dag vir ten minste twee weke teenwoordig is:

 

– Depressiewe bui

– Verandering in slaappatrone

– Verandering in aptyt of gewig

– Praat of beweeg buitengewoon vinnig of stadig

– Moegheid of verlies aan energie

– Gevoelens van nutteloosheid, selfverwyt of skuld

– Dink aan die dood of selfdood

 

Die Daily Maverick stel dit in ʼn artikel dat Suid-Afrika se selfdoodkoers van die hoogste in die wêreld is, en tieners loop die meeste risiko. Navorsing het ook bevind dat meer tienermeisies as –seuns selfdood pleeg.

Volgens SADAG is prof Lourens Schlebusch van die Nelson Mandela Skool van Medisyne in Durban een van die voorste wêrelddeskundiges oor selfdood. Tans skat hy dat daar ten minste 20 tot 25 selfdoodgevalle per dag is.

Die algemeenste waarskuwingstekens vir tienderselfdood is:

  • Skielike gedragsverandering
  • Hulpeloosheid
  • Onttrekking
  • Verandering in eetgewoontes
  • Buitengewone beheptheid met die dood of om dood te gaan
  • Raak ontslae van kosbare persoonlike besittings
  • Tekens van depressie
  • Buierigheid
  • Hulpeloosheid
  • Verandering in slaappatrone

 

Hoë-risiko faktore

  • Verhoudingsprobleme
  • Gesinsprobleme
  • Geweld, emosionele of seksuele misbruik
  • Familiegeskiedenis van selfdood
  • Siekte
  • Erge geboelie
  • Middele-misbruik
  • Vorige pogings

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button