
Anonieme diereliefhebber van die Vaaldriehoek skryf:
Ek is baie ontsteld oor die berig op bladsy 3 in Vaalweekblad, 6-8 Mei oor Vaal Huntress near top in worldwide competition. Ek kan nie verstaan hoe mense onskuldige diere doodskiet bloot vir kompetisie nie. Toe die Here diere geskape het, was dit definitief nie om doodgeskiet te word vir sport of kompetisie nie, dis baie ontstellend.
Trophy hunting-kompetisies moet verban word.


