NewsNews

Roof-verdagtes vas na skietery op polisie

Verdagtes wat verbind word met ’n huisroof wat vroeër die maand plaasgevind het, is vasgetrek nadat daar Maandagoggend op polisielede geskiet is.

Verdagtes wat verbind word met ’n huisroof wat vroeër die maand plaasgevind het, is vasgetrek nadat daar Maandagoggend op polisielede geskiet is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die polisie besig met roetine-patrollie in Promosaweg toe hulle omstreeks 06:20 twee verdagte mans gesien het.
Terwyl konst. Gileon Ndobathe besig was om een van die verdagtes te deursoek, het die ander verdagte iets wat gelyk het soos ’n vuurwapen, uitgehaal en gevlug. Ndobathe het die man agternagesit. Die ander verdagte het in ’n ander rigting gehardloop. Terwyl Ndobathe die een verdagte gejaag het, is ’n skoot afgevuur.
’n Ander polisieman, konst. Nombuyiselo Mqokolo het per radio vir ondersteuning gevra en die soektog na die verdagtes is voortgesit. Een van die verdagtes is in die bosse gevind waar hy weggekruip het. ’n Vuurwapen is by hom gevind.

Konst. Gileon Ndobathe en konst. Nombuyiselo Mqokolo op wie daar Maandagoggend geskiet is. Foto: Dustin Wetdewich
Konst. Gileon Ndobathe en konst. Nombuyiselo Mqokolo op wie daar Maandagoggend geskiet is. Foto: Dustin Wetdewich

Hy is toe in hegtenis geneem op aanklag van besit van ’n onwettige vuurwapen en poging tot moord.
Die tweede verdagte is later deur die polisie in Mohadin in hegtenis geneem.
Volgens kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het voorlopige ondersoeke beide verdagtes al verbind met ’n huisrooftog wat vroeër in die maand in Potchefstroom plaasgevind het.

Nog polisie stories

Gesteelde goedere deur polisie gevind

Polisie trek motorfietsdiewe vas

Polisie slaan toe op student se ‘dwelmfabriek’

Van diens af polisieman kry besittings terug

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button