Kyk net hoe regverdig is ons God. Hulle moes kies! Jesus of Barabbas – toe kies hulle Barabbas. Nou moet julle ook kies – Wié kies julle?? Jesus of Paulus? Want jy kan nie twee Here dien nie. Stuur julle sms’e na 45534 laat ons sien wie kies julle.
Ek wil dit net baie duidelik maak dat ek nié ‘n profetes is nie. Ek is ook net ‘n kind van God. Ek sal ook skryf solank ek wil. Ek betaal self vir my briewe. Baie, baie dankie anoniem vir jou sms in die sms kolom van verlede week. Ek waardeer elke bietjie ondersteuning en dit is baie skaars.
Annatjie:”Voor jy my weer aanvat, maak asseblief seker van jou feite. Julle is so gretig om fout te vind dat julle nie die lig kan sien nie. Lees maar weer Jes. 39:7.
Chris: “Jy moet maar na ‘n ander skool gaan. Hoe kry jy 120 jaar tussen 500 en 600 jaar? Gen.5:32 – Noag was 500 jaar oud en hy het drie seuns gehad. Gen.6:11 – Toe die mense op die aarde vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seun van God dat die dogters mooi was en hulle het vir hulle vroue geneem (Hoe lank dink jy het dit geneem Chris?). Teen die tyd dat God Noag aansê om die Ark te bou was Noag al heelwat ouer, nie waar ni?. Toe moes Noag die planne optrek volgens die mate wat God hom gegee het. Toe moes hy die boumateriaal bymekaar maak vir ‘n 3 verdieping Ark. Hoe lank dink jy het dit alles geneem Chris? Ek glo nie die boumateriaal is met ‘n vragmotor afgelaai nie – OF HOE? Toe kon Noag en sy seuns begin bou. Toe hulle klaar was, moes kos vir mens en dier in die Ark gebring word en die diere moes ingaan. Gen. 7:6 – En Noag was 600 jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het. Daarom sê ek Noag het 40 jaar aan die Ark gebou en ek hou daarby, want 40 is die getal waarmee God werk.
Willem, stuur vir my ‘n sms – wat verstaan jy nie? Ek probeer julle waarsku dat die einde naby is. Dat Jesus ons gaan kom haal, maar julle stel duidelik nie belang nie. God het ‘n vuur aangesteek in die Vaaldriehoek. Die Woord van God is die vuur.


